Advertensie oor swanger non verbied
2010-09-15 13:28
Londen - 'n Advertensie vir 'n roomyshandelsmerk wat 'n hoogswanger non uitbeeld, is verbied omdat dit 'n "bespotting" van die Rooms-Katolieke geloof maak, het die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde (GRS) gesê.
In die advertensie vir die Antonio Federici-handelsmerk staan 'n vrou in 'n kerk met 'n bak roomys met die teks: "Vlekloos verwek" en "Roomys is ons geloof".
Dié advertensie is vroeër vanjaar in The Lady Grazia-tydskrif gepubliseer.
Tien lesers het gekla dat die advertensie aanstootlik teenoor Christene is, veral teenoor die wat Katoliek is.
Die maatskappy gaan nou plakkate met dié advertensie langs die roete opsit waar die pous gaan ry as hy Londen besoek.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter