Aardbewing veroorsaak modderstortings in Asië

2011-09-20 09:09
Tweets Share Share line Print

Guwahati - Reddingswerkers moes in stortreën deur modderstortings in die Himalaja-gebergte na oorlewendes soek nadat ’n aardbewing van 6,9-sterkte Sondag 63 lewens in Indië, Nepal en die Chinese streek van Tibet geëis het.

Meer as 100 mense is beseer. Soldate en polisiebeamptes het Maandag nog oorlewendes uit die puin gehaal.

Die episentrum van die aardbewing was ’n afgeleë gebied op die grens van die noordoostelike Indiese staat Sikkim en Nepal. Die skudding is ook in Bangladesj en Bhoetan gevoel.

Lugmaghelikopters het voorraad na afgeleë dorpies tussen van die hoogste pieke ter wêreld geneem. “Die aardbewing het die hange van heuwels laat loskom en as dit reën, veroorsaak dit grondstortings. Die situasie is dus nog baie gevaarlik,” het Deepak Pandey, woordvoerder van die grenspolisie op die grens tussen Indië en Tibet, gesê.

“Ons het (sedert Sondagaand) meer as 400 mense gered.”

Dit kan dae neem om die finale ongevalle- en sterftesyfer vas te stel, maar die grenspolisie meen dit sal nie skerp styg nie. Inwoners in die grootste stad in Sikkim, Gangtok, het met sambrele in stortreën langs paaie gesit en reggemaak vir nog ’n koue nag. Hulle wou nie terugkeer huis toe nie uit vrees vir naskokke.

“Ons vrees naskokke. Ons het nêrens om heen te gaan nie. Ons huise is beskadig en ons kan nou net op God vertrou,” het Sushma Sharmka, ’n ma van drie, gesê.

Dit reën al vier dae onophoudelik in dele van Sikkim. Honderde plaaslike en buitelandse toeriste was weens die aardbewing ure lank op die hoofpad uit die Indiese staat, Wes-Bengale, gestrand.

In Nepal is minstens agt mense dood – onder wie drie toe die muur van die Britse ambassade in Katmandoe op ’n motor en motorfiets geval het.

In Tibet is sewe mense dood en honderde dakloos gelaat, het die Chinese nuusagentskap Xinhau berig. China het meer as 1 000 soldate na dié Chinese streek gestuur om met reddingsoperasies te help. – Reuters

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: tibet  |  nepal  |  himalajas  |  indië  |  aardbewings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.