Aardbewing vernietig 50 huise in China
2011-11-01 10:09
Beijing – ‘n Matige 5.4-sterkte-aardbewing aardbewing in China het meer as 50 huise vernietig en verskeie ander beskadig, maar geen beserings is dusver aangemeld nie.
Meer as 50 huise het inmekaargestort en honderde ander is beskadig toe die aardbewing Dinsdag die gebiede Yining en Gongliu in die noordweste van die land getref het, het die plaaslike aardbewingsburo gesê.
Die aardbewing het om 02:21 sowat 96 km buite die stad Yining getref.
Die Chinese Aardbewingsadministrasie het gesê hulle glo die aardbewing het “reuse-skade” aangerig, het die staat se Xinhua-nuusagentskap berig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP