Aardbewing tref naby Fukushima
2011-07-07 23:21
Tokio – ‘n Aardbewing van 5.6 op die Richterskaal het naby
die Fukushima-kernaanleg in die noordooste van Japan getref, het die Amerikaanse
Geologiese Opname (USGS) gesê.
Geen onmiddellike skade of menseverlies is
aangemeld nie.
Die aardbewing het om 03:35 plaaslike tyd
getref.
Geen tsoenami-waarskuwings is uitgereik
nie.
Die episentrum van die aardbewing was sowat 83
km suidoos van Fukushima in Honshu, Japan, teen ‘n diepte van 45 km.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP