Aardbewing tref Peru
2011-10-28 23:35
Lima – ‘n Kragtige 6.9-aardbewing het langs die kus
van Peru getref, het die Amerikaanse geologiese opname (USGS) gesê.
Amptenare in Peru sê dat daar nog geen skade of
beserings aangemeld is nie.
Die aardbewing het om 18:54 GMT sowat 288 km
buite Lima getref.
Die episenter van die skudding was 51 km suidwes
van die stad Ica teen ‘n diepte van 35 km, het die USGS gesê.
Die Pasifiese Tsoenami-waarskuwingsentrum het
gesê dat die aardbewing moontlik plaaslike tsoenamis kan veroorsaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP