Aardbewing tref Papoea-Nieu-Guinee
2011-11-28 17:11
Sydney – ‘n Aardbewing van 6.4 het Papoea-Nieu-Guinee getref, maar daar is geen gevaar van ‘n tsoenami in die area
nie.
Die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) sê
die skudding het om 22:26 (12:26 GMT) 221 km suidoos van Rabaul teen ‘n diepte
van 50 km getref.
Die Stille Oseaan Tsoenami-waarskuwingsentrum
het gesê daar is geen aanduiding dat die aardbewing ‘n tsoenami sal veroorsaak
nie en het geen tsoenami-waarskuwings uitgereik nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP