Aardbewing tref Pakistan, Afganistan
2010-02-28 10:28
Islamabad – ‘n Matige aardbewing het die noorde van Pakistan en Afganistan geskud, maar daar is geen berigte van beserings of skade nie.
Qamar Zaman Chaudry 'n meteoroloog van die Pakistan-regering sê die aarbewing het 04:21 Pakistan-tyd plaasgevind.
Dit is in die noorde van Pakistan en in Kaboel, hoofstad van Afganistan, gevoel.
Die aardbewing het 5.7 op die Richterskaal gemeet.
Aardbewings kom gereeld in dié gebied voor. In Oktober 2005 is 80 000 mense in Pakistan en Kashmir dood en meer as 3 miljoen dakloos gelaat toe ‘n aardbewing wat 7.6 gemeet het.
- Sapa