Aardbewing tref Indonesië
2011-08-22 23:01
Jakarta – ‘n Sterk aardbewing wat 6.0 gemeet het, het in
die see naby die eiland van Sumatra in Indonesië getref.
Daar is tot dusver geen berigte van skade nie
en geen tsoenami-waarskuwings is uitgereik nie.
Die aardbewing het teen ‘n diepte van 31 km
sowat 175 km suidwes van Tanjungkarang-Telukbetung op Sumatra getref, het die Amerikaanse
geologiese opname (USGS) gesê.
Indonesië is op die sogenaamde "Stille
Oseaan se ring van vuur" geleë, waar seismiese aktiwiteit hoog is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP