Aardbewing tref Fidji
2011-09-15 23:05
Suva – ‘n Aardbewing van 7.2 het die eiland Fidji in
die Stille Oseaan getref, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.
Geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie en
tot dusver was daar nog geen aanmeldings van slagoffers of skade nie.
Die aardbewing het om 7:30 die oggend (19:30
GMT) 453 km suidoos van Suva teen ‘n diepte van 593 km getref, het die USGS gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP