Aardbewing tref Chileense kus
2011-09-14 11:00
Washington – ‘n Matige aardbewing wat 5.9 gemeet het, het naby die Chileense kus plaasgevind.
Volgens Amerikaanse geoloë het die skudding Woensdagoggend kort ná 09:00 (SA tyd) sowat 123 km vanaf die hoofstad, Santiago, gebeur.
Geen skade of beserings is onmiddellik aangemeld nie.
Die Amerikaanse geologiese opname (USGS) het geen melding van ‘n tsoenami-waarskuwing gemaak nie.
Volgens die USGS was die episentrum 39 km noord van die kusstad Valparaiso geleë.
Chili is verlede jaar deur ‘n massiewe 8.8-skudding en tsoenami geteister. Die ramp het die lewens van meer as 500 mense geëis.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP