Aardbewing tref Alaska, tsoenami-waarskuwing uitgereik
2011-09-02 17:23
Washington – ‘n Tsoenami-waarskuwing is aan die kus van Alaska uitgereik nadat 'n aardbewing wat 7.1 op die rigterskaal geregistreer het, hier getref het, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.
Die waarskuwing is uitgereik vir gebiede vanaf die Unimak-pas, 128 km noord-oos van Dutch Harbour, tot by die Amchitka-pas, 201 km wes van die dorp Adak.
Die Atlantiese Tsoenami Waarskuwingsentrum het gesê hulle verwag nie ‘n wydverspreide vernietigende tsoenami van die aardbewing, wat in die Atlantiese oseaan, sowat 172 km van Atka in Alaska plaasgevind het, nie.
Die aardbewing was 35 km diep in die oseaan, het die USGS gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters