Aardbewing skud Taiwan, Filippyne
2010-04-26 12:18
Taipei - 'n Aardbewing van 6.9 wat Maandag in die see noord van die Filippyne geruk het, kon deur die hele Taiwan gevoel word, het beamptes gesê.
Geboue in Taiwan se hoofstad, Taipei, is geruk, maar daar was geen onmiddellike skade gerig nie en geen waarskuwings van 'n tsoenami is sover uitgereik nie.
Filippynse beamptes het mense langs die kus gewaarsku om die see se gety dop te hou, alhoewel die kanse skraal is dat skade aangerig kan word.
Tsoenami's by kuslyne wat 100 km vanaf die aardbewing se episentrum geleë is, is egter moontlik.
- Reuters