Aardbewing skud Chili op herdenking
2011-02-28 08:42
Santiago – ‘n Aardbewing het die suide van Chili geruk op die herdenking van ‘n massiewe aardbewing en tsoenami wat meer as 500 mense se lewens geëis en 220 000 dakloos gelaat het, het beamptes gesê.
Geen slagoffers of skade is dadelik aangemeld nie.
Die aardbewing, wat 5.9 op die Richterskaal geregistreer het, het kragtoevoer in die dorpe Canete en Chiguayante gedeeltelik afgesny.
‘n Verwoestende aardbewing wat 8.8 gemeet het, het dieselfde streek ‘n jaar gelede getref en grootskaalse skade aangerig en tsoenami’s veroorsaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP