Aardbewing ruk suidelike Mexiko
2011-12-11 08:30
Mexiko-stad – 'n Aardbewing wat 6,7 registreer, het Mexiko Sondag getref, met skuddings wat tot in Mexiko-stad gevoel is, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.
Die aardbewing, met 'n diepte van 65 km, het omstreeks 03:47 plaasgevind en die episentrum was sowat 166 km suidwes van Mexiko-stad, het die USGS gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP