Aardbewing ruk Tonga
2010-02-13 09:25
Wellington, Nieu-Seeland - ‘n Aardbewing van 6.3 op die Richterskaal het Tonga Saterdag geruk. Tot dusver is geen tsoenami waarskuwing uitgereik nie en geen beserings is aangemeld nie.
Die aardbewing het sowat 95km suid-wes van die hoofstad Nuku’alofa getref.
In September verlede jaar is nege mense in Tonga dood nadat ‘n tsunami, wat deur ‘n aardbewing naby Samoa veroorsaak is, dié land getref het. Dieselfde tsunami het 183 mense in Samoa en 34 ander in Amerikaans-Samoa se lewens geëis.
- Sapa