Aardbewing in Atlantiese Oseaan
2010-01-05 09:43
Washington – ‘n Aardbewing van 6.7 op die Richterskaal het Dinsdagoggend die suide van die Atlantiese Oseaan getref, het kundiges gesê.
Die skudding het omstreeks 06:55 in die water plaasgevind sowat 686km vanaf Bristol Island, het die Amerikaanse Geological Survey (USGS) gesê.
Die aardbewing het op ‘n diepte van 10km plaasgevind.
–Sapa, AFP