Aardbewing het Haïti ‘onthoof’
2010-01-16 16:38
Genève – Die aardbewing wat Haïti vroeër die week getref het is een van die ergste rampe wat die Verenigde Nasies (VN) nog gesien het, het ‘n woordvoerder van dié organisasie Saterdag gesê.
"Hierdie is ‘n geskiedkundige ramp. Die VN is nog nie van tevore met so ‘n ramp gekonfronteer nie en dit is soos geen ander nie,” het Elisabeth Byrs gesê.
Volgens Byrs het infrastrukture in Indonesië ten minste bly staan nadat die 2004 tsunami dié land getref het maar in Haïti het sekere stede, soos Leogane, alle publieke dienste verloor.
“Dié aardbewing het stede onthoof en geen van die regering se plaaslike infrastrukture het bly staan nie,” het Byrs gesê.
- Sapa