Aardbewing-dodetal op 300
2010-02-28 05:15
Santiago – Sowat 300 mense is dood nadat ‘n aardbewing van 8.8-grootte die sentrale gedeelte van Chili Saterdag getref het, het die aangewese president, Seabastian Pinera, gesê.
Pinera het gewaarsku dat hierdie getal steeds kan styg.
“Hierdie skudding is die ergste wat ons in die laaste 30 jaar ervaar het,” het Pinera aan ‘n plaaslike televisiekanaal gesê.
Pinera sal na president Michelle Bachelet sy plek as leier van Chili inneem. Hy het bygevoeg dat die skudding geen verandering sal bring aan sy “objektiewe en planne” vir die nuwe regering nie.
– Sapa, AFP