Aardbewing: 1100 dood, duisende steeds soek
2009-10-02 09:45
Padang – Oorlewendes en nooddienswerkers in Padang is besig om deur hope beton te grawe opsoek na die duisende mense wat steeds vermis is ná ‘n aardbeweging die stad geruk het.
Die regering het die dodetal by 777 geskat met sowat 2100 mense wat nog vermis is, maar volgens die Verenigde Nasies (VN) se beramings het die dodetal Donderdag tot 1100 gestyg.
Die duisende mense wat nog vermis word is heel waarskynlik onder die puin van geboue wat ineengestort het, begrawe.
"Ons moet nie die skade onderskat nie, ons moet onsself op die ergste voorberei,” het president Susilo Bambang Yudhoyono gesê.
Woensdag se aardbeweging het 7.6 op die Richterskaal gemeet en Sumatra-eiland geruk.
Amerika se president, Barack Obama, het ondersteuning beloof en ook gesê daar sal hulp aan die Samoa- en Tonga-eilande in die Stille Oseaan gebied word nadat ‘n tsunami Dinsdag dié area getref het.
- Sapa