Aanval in België: Dodetal styg
2011-12-23 23:00
Brussel – Die dodetal in verlede week se skietvoorval in Liege in België, het tot ses gestyg ná 'n 20-jarige student aan sy besering beswyk het, het RSG berig.
Die jong man is beseer toe 'n voormalige gevangene gewapen met handgranate, met 'n aanvalsgeweer op 'n sentrale plein losgebars het.
Twee tienderjarige seuns, 'n baba en 'n 75-jarige vrou is in die aanval dood.
Die aanvaller, Nordine Amrani het op die toneel selfmoord gepleeg.
Die polisie het later op die liggaam van 'n vrou afgekom wat hy vroeër naby sy huis doodgemaak het.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG
- Sapa - AP