Aandklokreël in Nieu-Seeland ingestel
2010-09-05 00:30
Kaapstad - Owerhede het 'n aandklokreël in Christchurch in Nieu-Seeland ingestel nadat 'n kragtige aardbewing reuse skade aan infrastruktuur aangerig het, het RSG op hul webwerf berig.
Beweging word van sewe-uur die aand tot sewe-uur die oggend beperk.
'n Noodtoestand is ook vroeër afgekondig.
Die skade word in die stadium op 1,4 miljard Amerikaanse dollar beraam. Die aardbewing het 7,1 op die Richterskaal gemeet.
Volgens John Key, eerste minister, is dit 'n wonderwerk dat niemand in die ramp omgekom het nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.