98-jarige vas nadat hy sy vrou probeer moor
2010-12-10 04:30
Berlyn – ‘n 98-jarige Duitse man is Donderdag daaraan skuldig bevind dat hy probeer het om sy vrou, na 52 jaar se getroude lewe, met ‘n geweer, ‘n bofbalkolf en ‘n mes dood te maak.
Hy het ‘n opgeskorte vonnis van twee jaar ontvang.
Die man – wat volgens die hof die oudste man was wat nog ooit in Berlyn op verhoor gegaan het – het met leë ammunisie op sy 74-jarige vrou geskiet en gedink dit is lewendige ammunisie.
Toe hy besef dat sy niks oorgekom het nie, het hy haar herhaaldelik met ‘n kolf oor die kop en bolyf geslaan, waarna hy probeer het om haar polse en keel met ‘n mes te sny.
Die man het skuld erken en die aanval beskryf as ‘n selfmoordpoging. Hy het gesê dat hy beide hul lewens wou beëindig, het ‘n woordvoerder van die hof gesê.
In ‘n doktersverslag is daar genoem dat die man aan dementia gelei het en dat hy ‘n verwronge persepsie van realiteit gehad het.
Sy vrou was in die hof, maar het nie as ‘n getuie verskyn nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP