94-jarige in ouetehuis doodgeslaan
2010-10-03 23:05
Laguna Hills, Kalifornië – Volgens amptenare is ‘n 81-jarige man in hegtenis geneem nadat hy verdink word van die moord op sy 94-jarige kamermaat by ‘n ouetehuis in Orange County.
Volgens polisie-woordvoerder Jim Amormino het William McDougall glo ‘n reling uit ‘n kas gehaal en sy kamermaat Manh Ban Nguyen laat Vrydag herhaaldelik daarmee geslaan.
Speurders is steeds besig met ‘n ondersoek in ‘n moontlike motief vir die aanranding.
Die voorval het by die Palm Terrace Gesondheidsentrum, ‘n fasiliteit in Laguna Hills wat 99 mense kan huisves, plaasgevind.
Die Los Angeles Times het berig dat Nguyen, wat teen die kop geslaan is, by die Saddleback Memorial Medical Center dood verklaar is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP