9 vermoor in Meksiko-rehabilitasiesentrum
2010-06-27 11:38
Meksiko – Nege mense is dood en nog nege beseer toe mans met gewere ‘n dwelmrehabilitasiesentrum in die Noorde van Meksiko aangeval het.
Volgens amptenare het die aanval laat Saterdagaand in Gomez Palacio in die Durango-staat gebeur.
Volgens ‘n aankondiging wat deur die plaaslike aanklaer gemaak is, was al die slagoffers, waaronder die eienaar van die sentrum, mans.
Die motief vir die aanval is nog onbekend en word ondersoek.
‘n Soortgelyke rehabilitasiesentrum is vroeër vandeesmaand in die Chihuahua-staat aangeval. Negentien mense is daar dood.
- Sapa