9 oues sterf toe man glo self brand
2010-08-30 13:00
Moskou – ‘n Vuur wat vroeg Maandagoggend by ‘n Russiese ouetehuis uitgebreek het, het nege lewens geëis.
Volgens ‘n woordvoerder van die plaaslike nooddienste, Daria Korovina, is ‘n kannetjie vlambare vloeistof gevind waar die vuur uitgebreek het.
Dit wil voorkom asof die vuur begin is deur ‘n inwoner wat homself aan die brand gesteek het.
Twee mense is ook tydens die voorval beseer en die 480 inwoners van die ouetehuis is genoodsaak om die gebou te ontruim.
Volg Nuus24 op Twitter.