9 sterf in Nieu-Seeland-vliegramp
2010-09-04 06:16
Wellington - Nege mense is dood ná 'n vliegtuig wat aan 'n lugduikmaatskappy behoort, Saterdag aan Nieu-Seeland se Suid-eiland neergestort het.
Die vliegtuig het in vlamme uitgebars kort ná dit by Fox Glacier opgestyg het, het Ian Henderson, 'n woordvoerder van die plaaslike ambulansdiens, gesê.
Fox Glacier is aan die westelike kus van die Suid-eiland, sowat 150km vanaf Christchurch.
Die vlieënier, sowel as agt passasiers is dood.
Henderson kon nie onmiddellik die ouderdomme, geslag of nasionaliteite van die oorledenes verskaf nie.
- AP