8 Dokters in Afganistan geskiet
2010-08-07 10:18
Kabul - Twee Amerikaanse en ses Duitse dokters se liggame is vol koeëlgate ontdek in ‘n digte bos in die noorde van Afganistan, het ‘n polisiebeampte aan AFP gesê.
Polisiehoof Aqa Noor Kintoz het Saterdag gesê die buitelanders en twee Afgaanse mans is vermoedelik deur gewapende mans doodgemaak in ‘n afgeleë gebied in Badakhshan-provinsie, volgens die getuienis van ‘n enkele Afgaanse oorlewende.
Die groep van agt buitelanders, almal oogkundiges, en drie Afgaanse mans het tussen die provinsies van Badakhsan en Nuristan gereis en ‘n paar nagte in die woud spandeer, volgens “Saifullah”, wie ongeskend ontsnap het.
“Op die laaste dag is hulle gekonfronteer deur ‘n groep gewapende mans wat hulle in ‘n ry laat staan en hulle toe geskiet het. Al hul geld en besittings is gesteel,” het Kintoz gesê.
Volgens Saifullah het hy ontsnap deur verse uit die Koran aan te haal, sodat die mans kon besef hy is ‘n Moslem. Hulle het om in die aangrensende Nuristan-provinsie vrygelaat.
- AFP