7 sterf tydens aanval op Navo-troepe
2010-06-10 00:21
Islamabad - Sewe mense is dood toe gewapende mans Dinsdag Navo-troepe in Afghanistan aangeval het en menigte vragmotors aan die brand gesteek het.
Kalim Imam, Islamabad se polisiehoof, sê tot 12 aanvallers wat op motorfietse gereis het, het op die vragmotors begin vuur.
Volgens Shah Nawaz, ‘n polisiebeampte, is 60 vragmotors wat sowat 80 weermagsvoertuie en olie vervoer het, vernietig.
Brandweermanne het vir ure lank gesukkel om die brandende vragmotoers op die toneel onder beheer te kry.
- SAPA