7 beseer in ontploffing in kompleks
2010-02-03 10:09
Darwin - Minstens sewe mense is beseer toe 'n man ‘n winkeltrollie vol vuurwerke
en drie kannetjies petrol in ‘n kantoorkompleks in Darwin, Australië
instoot.
Een van die beseerdes is in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.
Die rede vir die aanval is nog onbekend, maar die versekeringsmaatskappy wat geteiken was, meen die voorval was toevallig.
‘n Man het homself kort na die ontploffing aan die polisie oorgegee.
- Sapa