60 gemoor vir hulle vet en weefsel
2009-11-20 01:44
Lima – Vier verdagtes is in Peru in hegtenis geneem nadat hulle glo sowat 60 mense vermoor en hulle vet en weefsel aan ‘n Italiaanse kosmetiese maatskappy verkoop het.
Die verdagtes is in sentraal-Peru vasgetrek en owerhede is op die spoor van nog sowat sewe mense wat betrokke was in die gru-handel van menslike afval.
Na bewering het die kosmetiese maatskappy die vet aangekoop om in hulle laboratoriums te gebruik.
Die meeste slagoffers was van plase afkomstig en is in afgeleë areas vermoor. Owerhede het onraad vermoed nadat hulle vroeër hierdie maand op ‘n houer afgekom het waarin menslike vet na Lima vervoer is.
Die vet word glo vir sowat R105 000 per 3.8 liter in Europa verkoop.
–Sapa, AFP