6 vas oor vals aannemings
2009-09-29 10:16
Hanol, Vietnam – Ses mense is tot vier en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle meer as 300 oneerlike aannemings gereël het, het ‘n hof in Vietnam gesê.
Twee van die wat in hegtenis geneem is was die bestuurders van welsynsentrums wat ongetroude swanger vrouens gehelp het om hulle babas op te gee, in ruil vir kos en skuiling.
Die ses is skuldig bevind aan die “misbruik van mag en gesag”, het hoofregter Dang Viet Hung van die Nam Dinh provinsiale hof gesê.
Tien ander het ‘n opgeskorte vonnis ontvang.
Daar is vals dokumentasie vir 323 babas aangegaan.
Baie van die babas is deur ouers in Amerika en Italië aangeneem.
- Sapa-AP