6 beseer in ontploffing
2009-08-08 14:59
Peshawar, Pakistan- Volgens die plaaslike polisie is ses persone beseer nadat ‘n bom Saterdag buite ‘n skool in Noordwes Pakistan afgegaan het.
Volgens Marjan Khan, polisiewoordvoerder, het die bom in ‘n parkeerarea buite ‘n skool ontplof kort nadat die klasse verdaag het.
Vyf van die beseerdes is riksja-bestuurders wat buite die skool gewag om sommige van leerders huis toe te neem.
Volgens Khan het niemand nog verantwoordelikheid vir die voorval geneem nie en glo hy die ontploffing was daarop gemik om plaaslike inwoners te terroriseer.
–Sapa
- AP