5 bomme tref Afganistan
2009-08-25 20:54
Kandahar, Afganistan – Vyf motorbomme het gelyktydig die grootste stad in die suide van Afganistan geruk en minstens 36 mense doodgemaak.
Volgens owerhede is, menigte gebou in die stad van Kandahar beskadig, minstens 36 mense dood en ‘n verdere 64 beseer.
‘n Verslaggewer van die nuusagentskap, Associated Press (AP), het berig dat dit die grootse bomaanval is wat hy in die agt jaar wat hy al in Kandahar woon, gesien het.
So baie huise en geboue het inmekaar gestort dat polisie vrees dat die sterftesyfer baie hoër kan wees.
"Weereens het hulle kinders, vroue en onskuldige burgerlikes vermoor. Hulle is nie mense nie, hulle is diere. Kyk na die verwoesting wat hulle saai”, het Mohammad Sher Shah, die adjunk-polisiehoof gesê.
Owerhede sê dit blyk of die aanval ‘n Japannese konstruksiemaatskappy, waarvan die meerderheid werker vanaf Pakistan kom, geteiken het.
Dié maatskappy se hoofkwartiere het tydens die aanval inmekaar gestort.
- AP