46 Vermis ná oorlogskip sink
2010-03-27 05:45
Seoel – Sowat 46 bemanningslede het vermis geraak nadat ‘n Suid-Koreaanse oorlogskip met 104 mense aan boord naby Noord-Korea se grens gesink het.
‘n Onverklaarbare ontploffing het gevolg, het ‘n militêre woordvoerder gesê.
“58 Bemanningslede is gered en 46 is steeds vermis,” het die woordvoerder gesê.
‘n Duikspan van die plaaslike vloot sal na verwagting met ‘n soektog begin, asook ondersoek omtrent die voorval instel.
“Dit is nog nie duidelik of Noord-Korea enigiets met die voorval te doen gehad het nie,” het die woordvoerder gesê.
-Sapa-AFP