440 kg kokaïen op luukse seiljag gevind
2011-06-18 22:00
Buenos Aires – Die Argentynse polisie het op 444 kg of kokaïen en 'n aantal vuurwapens beslag gelê wat op 'n luukse seiljag in Buenos Aires se hawe gevind is, het owerhede Saterdag aangekondig.
Twee Spaanse bemanningslede het op die vlug geslaan voor die klopjag, wat Vrydag uitgevoer is, het Nilda Garre, Argentinië se minister van veiligheid, gesê.
Volgens Garre het owerhede gereageer op 'n wenk wat ontvang is ná 'n kragonderbreking die seiljag uit sy beplande roete geneem het.
Volgens Oscar Arce, bevelvoerder van die kuswag, is verskeie wapens aan boord die seiljag gevind, insluitend "'n masjiengeweer, gereed om te skiet".
Die seiljag, wat in staat is om die Atlantiese Oseaan te oorkruis, was glo na Europa op pad.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP