44 sterf in Russiese vliegramp
2011-06-21 07:19
Moskou – Minstens 44 mense is dood nadat 'n vliegtuig in noordwestelike Rusland neergestort het, berig Russiese nuusagentskappe.
RIA Novosti en ITAR-Tass berig dat die vliegtuig die aanloopbaan gemis en op 'n hoofweg beland het.
Volgens die nuusagentskappe het die Russies vervaardigde Tu-134 'n paar meter van die aanloopbaan geland.
Agt mense, wat die vliegongeluk oorleef het, is in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA