40 sterf in Pakistan selfmoordaanval
2010-12-06 19:08
Ghalanai, Pakistan – Veertig mense is Maandag in Pakistan dood toe twee selfmoordbomaanvallers in polisie-uniform ‘n aanval naby die Afgaanse grens geloods het.
Die slagoffers was anti-Taliban vegters, sowel as pro-regering-senior-burgers.
Die aanvallers het groot skade aangerig aan ‘n administrasiegebou in Ghalanai, sowat 175 kilometer noordwes van Islamabad.
‘n Woordvoerder vir die Pakistanse Taliban het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval en gedreig om enigiemand wat burgermagte teen die Islamiste vorm doodgemaak sal word.
‘n Oorlewende, Sakhi Jan, 50, wat beserings aan sy hand opgedoen het, het gesê dat “twee ontploffings het alles om ons geruk.”
Volgens Amjad Ali, ‘n senior administrasie-beampte in die Mohmand-distrik, is 40 mense dood en 60 beseer, waaronder 25 in ‘n ernstige toestand was.
“Die aanvallers het stam-polisie-uniforms aangehad. Een het homself by die hoof-hek opgeblaas en die ander een in die kantoor,” het Ali gesê.
Minstens 10 regeringsamptenare en twee Pakistanse televisie-joernaliste was onder die slagoffers.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP