40 dood na bus by berg afry
2009-12-24 21:14
Lima – 40 mense is dood en 10 beseer nadat ‘n passasiersbus Donderdag in die hoë-Andes in die suide van Peru by ‘n kloof afgery het, het polisie gesê.
Volgens amptenare was daar meer as 50 mense in die bus wat tussen Arequipa en Santa Tomas gery het toe dit 200 m langs die berg afgeval het, het kapt. Juan Suarez gesê.
“Daar is sover 40 dood en ek het nie die presiese getal van die mense wat beseer is nie, daar is omtrent 10,” het Suarez gesê.
Hy het bygevoeg dat die ongeluk vroeg Donderdag in Chumbivilca provinsie, sowat 1 100 km van Lima, plaasgevind het.
Die brandweer en nooddienste is op die toneel en sal die beseerdes na hospitale vervoer.
- Sapa-AFP