40 beseer in gru-ongeluk in Engeland

2011-11-05 09:27
Tweets Share Share line Print

Londen – Sowat 40 mense is beseer en ‘n onbekende hoeveelheid mense is dood ná ‘n reuse-ongeluk op ‘n snelweg in Brittanje, het nooddienswerkers Saterdag gesê.

Ses-en-twintig motors was betrokke in die ongeluk op die M5 naby Taunton in Suidwes-Engeland en televisie-beeldmateriaal het gewys hoe ‘n string motors en vragmotors in vlamme op die snelweg staan.

Vragmotors wat in vlamme was het op hul sye gelê en mense het deure probeer oopkry om ander motoriste te probeer help ná die ongeluk wat in nat en mistige toestande gebeur het.

Ooggetuies het vertel hoe hulle ontploffings gehoor het en wrakstukke en beseerde mense op die pad sien lê het.

Tientalle brandbestryders het gewerk om mense wat in die wrakke van hul voertuie vasgekeer was te red. Die polisie het gesê ‘n lang stuk van die snelweg is gesluit en sal nie voor 24 uur weer oop wees nie.

Die polisie in Avon en Somerset het bevestig dat “sommige (mense) hul lewens verloor het,” maar hulle het nie ‘n getal bekendgemaak nie.

“Daar kan tot 40 mense wees wat beseer is en na hospitale geneem is. Dit is ‘n ernstige ongeluk,” het Paul Slaven van die Devon en Somerset brand-en-reddingsdiens aan BBC-televisie gesê.

Minstens 10 mense het kritieke beserings opgedoen.

Een van die motoriste, Paul O’Connor, het die toneel as “verskriklik” beskryf.

“Dit was verskriklik en ek het nog  nooit so iets gesien nie – ek kon sien hoe mense langs die pad lê,” het hy aan Sky News-televisie gesê.

Jason Sharp, wat by ‘n nabygeleë rugbyklub was, het aan BBC gesê dat hy ‘n paar ontploffings gehoor het.
“Daar was talle swaar voertuie wat aan die brand was.”

Hy het bygevoeg dat daar digte mis was en dat die paaie nat was ten tyde van die ongeluk.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: engeland  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 159,990.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2010
R 269,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.