40 Beseer toe eks-werker petrolbom gooi
2011-05-13 23:00
Beijing – Meer as 40 mense is beseer toe ‘n ontevrede
voormalige werker ‘n petrolbom by ‘n bank in die noordweste van China gooi.
Die bank, Agriculture Credit Cooperative, in
Huazangsi, het na die bom ontplof het, in vlamme opgegaan.
Negentien van die beseerdes se toestand is
ernstig.
Die voormalige werker, Yang Xianwen (39) het
blykbaar die bom in ‘n kamer van die bank ingegooi waar ander werkers besig was
met ‘n vergadering.
“Party van die werkers het brandwonde opgedoen
terwyl ander beseer is toe hulle by die venster bo-op die gebou langsaan se dak
spring,” het ‘n verklaring deur die Tianzhu Tibetan Autonomous County-regering
gesê.
Die voormalige werker het blykbaar sy werk by
die bank verloor na hy skuldig bevind is aan geldverduistering.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA