39 sterf in bomaanvalle
2009-10-16 01:14
Lahore, Pakistan – Sowat 39 mense is dood toe gewapende mans Donderdag gekoördineerde aanvalle op wetgewingsgeboue in Lahore asook motorbomaanvalle in twee stede naby die grens met Afganistan, geloods het.
Die terroristegroep, Taliban, het verantwoordelikheid vir die aanvalle in Lahore aanvaar maar nie verder besonderhede oor dit gegee nie.
Dié aanvalle het weer die Islamitiese militante se vermoë om gesofistikeerde aanvalle op hoogs versterkte geboue uitgelig.
President Asif Ali Zardari het gesê die dodelike aanvalle wat die laaste twee weke dié nasie geteister het sal nie die regering se veldtog om gewelddadige rebelle stop te sit, keer nie.
-AP