38 sterf in Navo-helikopter-ongeluk
2011-08-06 12:29
Kaboel – Altesaam 31 lede van die Amerikaanse spesiale magte en sewe Afgane is dood in ‘n helikopter-ongeluk in die ooste van Afganistan, het ‘n verklaring van Afganistan se president Hamid Karzai se kantoor Saterdag gesê.
“Die president van die Islamitiese Republiek van Afganistan Hamid Karzai betton sy medelye oor die Navo-helikopter-ongeluk en die afsterwe van 31 lede van die Amerikaanse spesiale magte,” het die verklaring gelui.
Die ongeluk laat Vrydag merk die grootste dodetal in ‘n enkele voorval vir internasionale magte in Afganistan sedert die begin van die oorlog in 2001.
Sewe Afgane is ook in die ongeluk dood, het die verklaring gesê. Die dodetal in die ongeluk is 38.
Die Afgaanse departement van verdediging het gesê hulle was ook spesiale magte.
“Die helikopter het Vrydagaand in die Wardak-provinsie neergestort en insluitende bemanningslede het 31 personeellede van Amerikaanse spesiale magte hul lewens verloor,” het die presidensiële verklaring gesê.
“Die president van die Islamitiese Republiek van Afganistan betoon sy medelye en simpatie aan president Barack Obama en die families van die slagoffers.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP