37 dood in Kazakstan-vloede
2010-03-17 04:52
Almaty, Kazakstan – Die dodetal van ‘n vloed wat ‘n hele dorpie in Kazakstan vernietig het, het tot 37 gestyg, het die regering gesê.
Die regering het Dinsdag in ‘n verklaring gesê dat die dodetal nege mans, 17 vroue en 11 kinders insluit.
Swaar reën verlede Donderdag het ‘n kraak in die dam van ‘n privaat reservoir in die Almaty-distrik veroorsaak.
Gevolglik is die hele Kyzyl-Agash in die vloed vernietig en duisende is dakloos gelaat.
- Sapa-AP