35 sterf na vulkaan wéér uitbars
2010-11-05 05:07
Indonesië – Vyf-en-dertig mense is Vrydagoggend dood toe Mount Merapi in Indonesië weer uitgebars het, het ‘n bron van ‘n hospitaal gesê.
“Vyf-en-dertig mense is dood in die uitbarsting vroeg Vrydagoggend. Nog 50 word behandel vir brandwonde as gevolg van die warm as-wolke,” het Banu Hermawan, ‘n woordvoerder vir die Sarjito algemene-ospitaal in Yogyakarta gesê.
Die dodetal staan nou op 67 sedert die vulkaan op 26 Oktober die eerste keer uitgebars het.
Volgens vulkanoloë was Vrydag se uitbarsting die grootste nog.
Amptenare het gevolglik die “gevaarsone” na 20 kilometer van die krater vergroot.
Duisende inwoners en vlugtelinge in noodkampe is in vragmotors gelaai en na stede ver van Mount Merapi geneem.
“Hierdie was die grootste uitbarsting sover. Die as-wolke het tot 13 kilometer by die hande afgeloop en die ontploffing is 20 kilometer ver gehoor,” het vulkanoloog Surono gesê.
Sowat 100 000 mense woon reeds in tydelike skuilings.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP