300 Filippyne aan boord gestrande passasierskip
2012-01-15 16:54
Manila – Die Filippyne het Sondag gesê 300 Filippynse bemanningslede was aan boord 'n Italiaanse passasierskip wat Vrydagnag 'n rotslys getref en in Italiaanse waters omgeslaan het.
21 van dié bemanningslede is beseer.
Drie mense is in die ongeluk dood.
"Minstens 21 Filippynse seevaarders is beseer. Een met 'n gebreekte arm en ander met hipotermie," het Raul Hernadez, woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake, in 'n verklaring gesê.
'n Filippynse bemanningslid wat gered is, het gesê sy landgenote is veilig. Hy het gesê 'n amptelike koptelling moet nog gedoen word.
Luidens die verklaring het die skip 1 000 bemanningslede, waarvan 300 Filippyne, gehad.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- AFP