3 sterf, 35 beseer in kettingbotsing in Duitsland
2011-11-19 08:30
Muenster – 'n Vrou en twee mans is dood nadat 52 motors in mistige toestande op 'n snelweg in noordelike Duitsland gebots het, het owerhede gesê.
'n Polisiewoordvoerder het gesê 35 mense, waarvan 14 ernstig, is beseer in die ongeluk wat in Noord-Rhyn-Westphalia plaasgevind het.
Baie van die beseerdes is in hul motors vasgekeer en moes deur reddingswerkers uit die wrakke bevry word.
Die polisie het gesê dit is nie duidelik of die mistige toestande die ongeluk veroorsaak het nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA