3 Soldate sterf tydens gevegte
2010-01-11 22:59
Kaboel - Drie Amerikaanse soldate is Maandag tydens gevegte in die Suide van Afghanistan oorlede, het die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) gesê.
Volgens Navo is die soldate tydens gevegte in die suide van die land oorlede, maar dié organisasie wou geen verdere besonderhede bekend maak nie.
Dié sterftes het die dodetal in Afganistan tot 10 gebring sedert die begin van die jaar.
Amptenare het Maandag ook gesê dat bomaanvalle Sondag die dood van twee Amerikaanse soldate en twee Afgaanse burgerlikes veroorsaak het.
- Sapa