26 sterf toe bus 300 m by kloof af val
2011-10-25 13:24
Nieu-Delhi – Minstens 26 mense is in Indië dood en nog 30 is beseer toe ‘n oorlaaide bus 300 m ver by ‘n kloof af geval het, het die polisie gesê.
Die ongeluk het Maandag naby die stad Danoh in die provinsie Himachal Pradesh plaasgevind.
‘n Bus het gaan staan en die passasiers aan boord het ‘n rygeleentheid saam met ‘n ander verbygaande bus probeer neem.
Die tweede bus was reeds oorlaai en het op die rand van ‘n kloof gestop voor dit agteruit begin beweeg het toe die eerste bus se passasiers aan boord geklim het, het die polisielid Ishwar Das gesê.
Ooggetuies kon in die donkerte slegs die gillende mense hoor toe die bus 300 m ver in die kloof afgeval het, het Das gesê.
Nooddienste probeer tans steeds passasiers red, het die polisie gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA