24 kinders dood in Bagdad bomaanval
2009-10-26 21:43
Bagdad - Vier en twintig van die 155 mense wat Maandag in twee selfmoordbomaanvalle op staatsgeboue in Bagdad oorlede is, was kinders, het plaaslike polisie en hospitaalbeamptes gesê.
Die kinders was blykbaar op ‘n bus op pad vanaf ‘n kleuterskool toe 'n bom langs die departement van justisie afgegaan het.
Die bestuurder is ook tydens die ontploffing oorlede en ses kinders is beseer.
‘n Plaaslike polisiebeampte het die dood van die 24 kinders bevestig, maar kon nie sy naam gee nie, aangesien die persoon nie toestemming gehad het om met die media te praat nie.
- Sapa