23 vermis ná veerboot tiep
2009-08-06 08:14
Tonga- Skepe en vliegtuie help met die soektog na minstens 23 mense wat vermis is ná ‘n veerboot in die vroeë oggendure van Donderdag naby die eiland Tonga, in die Stille Oseaan, omgetiep het.
Een persoon is dood en 55 oorlewendes is vanuit die water gered toe die Princess Ashika-veerboot rondom middernag Woensdagaand sowat 85km noordoos van die hoofstad, Nuku'alofa, omgetiep het.
Een van die oorlewendes, Siaosi Lavaka het aan die nuus-webblad Matangi Tonga gesê dat daar meestal net mans op die reddingsbootjies was. "Geen voue of kinders het dit gemaak nie”, het Lavaka gesê.
Volgens hom het die vroue en kinders in ‘n ander area van die boot as die van die mans geslaap en vermoed hy dat hulle binne die boot vasgevang was toe dit gesink het.
"Ons is baie bekommerd oor diegene wat steeds vermis is’, het Murray McCully, minister van buitelandse sake van Nieu-Seeland, gesê.
- Sapa